Loading...

South African Singers




W3.CSS Template

Concert in Europa - Bok Van Blerk



   

   
 

Kenmerke

Gebore op 30 Maart 1978 in Pretoria, het hy na skool Boukunde en Konstruksiebestuur gestudeer voordat hy vir sewe jaar lank in die boubedryf gewerk het. Maar die passie om musiek te maak het hom voortdurend daaraan herinner dat hy iets anders wil doen en teen 2005, het Bok bouwerk van ‘n ander aard aangepak deurdat hy as professionele musikant aan sy bewonderaarsbasis begin bou het. Vier albums en ‘n hele rits toekennings later, is Bok een van die land se mees herkenbare stemme en gesigte in die vermaakwêreld, veral nadat hy oor die laaste drie jaar ook gereeld in Suid-Afrikaanse films te siene was.

Bok se musiek spreek van ‘n liefde vir sy land en sy mense met ‘n sweempie humor wat hier en daar bygevoeg word. “De La Rey,” die eerste album met die gelyknamige titelsnit, het mense laat regop sit en notisie neem en multi-platinum verkope is behaal. In 2007 het Bok drie Huisgenoot Tempo Toekennings gewen, asook vyf Vonk Toekennings en die MK Musiekvideo van die Jaar. Tussendeur dit alles, help hy ook met die vervaardiging van die rugby musiekalbum “Ons Vir Jou” wat meer as 90 000 kopieë verkoop soos wat Wêreldbekerkoors die land oorheers. Daar word ook gewerk aan die opvolgalbum, “Afrikanerhart,” wat in 2009 vrygestel word en vinnig dubbel platinum verkope aanteken. In 2010, wen Bok die SAMA vir Bes Verkopende Album vir “Afrikanerhart” en word hy ook aangewys as die top verkopende Suid-Afrikaanse kunstenaar van die jaar.

 

Wen ‘n jagkuier saam met Bok van Blerk!

Dis bietjie meer as ‘n jaar sedert die pandemie begin het en as elke dag bietjie begin voel na “Ag tog,” is hierdie jou kans om dit te verander na “Jagtog!” Hierdie is ‘n eenkeer in ‘n leeftyd geleentheid, moontlik gemaak deur Bok van Blerk Produksies en Thithombo wildsplaas, die[…]

Dis Wie Ons

15 jaar gelede het Bok van Blerk een van die grootste snitte in Afrikaans vrygestel. Die oomblik toe Del La Rey die klankgolwe getref het, het hy die hele land aan die gons gehad. Vir Afrikaanse mense het dit ‘n gevoel van trots aangewakker. Dit het vir Bok van Blerk[…]

Met sy nuwe album roep Bok van Blerk Hoor Ons!

Bok van Blerk is terug met ’n splinternuwe album, getiteld Hoor Ons!, en oudergewoonte sal liedjies op dié album hartsnare roer, aanhangers ’n trotse patriotiese gevoel gee en soms ook lekker laat lag. Dié album sal teen einde Augustus op die rak wees. Op Hoor Ons! getuig Bok weer van[…]

Van De La Rey Tot Nou – Bok van Blerk is terug met splinternuwe album

Daar is geen keer aan Bok van Blerk nie. Indien jy gedink het Bok kan nie op sy onlangse CD verbeter nie, verras hy met ‘n hele album vol nuwe materiaal. Boonop is daar ook ‘n lekker-kuier DVD met lewendige optredes oppad. ‘n Meer gepaste manier om dankie te sê[…]

https://www.bokvanblerk.co.za/

 


 

 

 

 

 

 

 

 

Powered by Radio Broadcaster Germany